Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:20-34 Bybel vir Almal (ABA)

20. Want dit sal nie goed gaan met iemandwat verkeerde dinge doen nie,mense wat verkeerd doen, se lamp gaan dood,hulle sterf.

21. Jy moet die Here én die koning respekteeren dien,jy moenie dinge doen saam met mensewat opstandig is nie,

22. want dit gaan gou sleg met daardie mense,niemand weet wat alles met hulle kan gebeur nie.

23. Die volgende spreuke is ook spreuke van mense wat wysheid het.Wanneer jy moet oordeel,dan is dit verkeerd om téén een persoon te weesen vír ’n ander persoon te wees.

24. Wanneer jy sê iemand wat skuldig is, is onskuldig,dan sal al die mense jou vervloek,almal sal wens dat dit sleg moet gaan met jou.

25. Maar wanneer jy reg oordeel,dan sal dit goed gaan met jou,die Here sal jou seën.

26. ’n Goeie vriend gee eerlike antwoorde.

27. Jy moet eers jou werk buite klaarmaaken jou koringland ploeg en saai,daarna kan jy jou huis begin bou.

28. Jy moenie ’n getuie teen jou naaste wordas hy niks verkeerd gedoen het nie,jy moenie dinge sê wat mense verkeerd laat doen nie.

29. Jy moenie sê: “Ek sal aan hom doen wat hyaan my gedoen het,ek sal hom laat swaarkry oor wat hy gedoen het.”

30. Ek het verby ’n lui mens se grond geloop,verby die wingerd van ’n onverstandige mens,

31. en ek het gesien dat die hele land vol dorings is,dit is vol bossies, en die klipmuur het omgeval.

32. Toe ek dit sien, het ek daaroor gedink,ek het gesien wat kan gebeur, en toe het ek dít geleer:

33. Wanneer jy elke maal nog ’n bietjie wil slaap,nog ’n bietjie jou oë wil toemaak,nog ’n bietjie jou hande wil vou en bly lê,

34. dan sal jy arm word soos iemand wat net rondloopen nie werk nie,jy sal honger word soos ’n bedelaar.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24