Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:13-20 Bybel vir Almal (ABA)

13. My seun, heuning is lekker om te eet,stroop is soet in jou mond.

14. Die wysheid is ook so,om te weet wat om te doen, is ook so.As jy wysheid kry, dan sal dit goed gaan met jou,en jy sal aanhou lewe.

15. Jy moenie wag by die huis van die menswat reg lewe nie,jy moenie planne maak om sy huiste verwoes nie.Mense wat verkeerd lewe, doen daardie dinge.

16. ’n Mens wat reg lewe, kan baie maal val,maar hy staan elke maal weer op.Maar wanneer die mense wat verkeerd doen, val,dan gaan dit sleg met hulle.

17. Jy moenie bly wees wanneer jou vyand val nie,jy moenie juig wanneer hy sterf nie.

18. Want die Here sal sien wat jy doen,en Hy sal nie daarvan hou nie,Hy sal dan ophou om kwaad te wees vir jou vyand.

19. Jy moenie kwaad en ontsteld word oor mensewat slegte dinge doen nie,jy moenie probeer wees soos die mensewat verkeerd doen nie.

20. Want dit sal nie goed gaan met iemandwat verkeerde dinge doen nie,mense wat verkeerd doen, se lamp gaan dood,hulle sterf.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24