Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jy moenie soos slegte mense wil wees nie,jy moenie verlang om saam met hulle te wees nie.

2. Hulle dink altyd oor hoe hulle mense kan seermaaken doodmaak,hulle praat altyd oor hoe hulle ander mensekan laat swaarkry.

3. Iemand wat wysheid het, kan ’n huis bou.As hy verstandig is,dan kan hy die huis sterk bousodat dit vas staan.

4. As hy weet hoe om dit te doen,dan kan hy die kamers volmaakmet baie kosbare en mooi goed.

5. Wanneer iemand wysheid het, dan is hy sterk,en wanneer hy weet hoe om te lewe,dan word hy nog sterker.

6. Ja, jy moet eers jou planne gereedmaak,dan kan jy oorlog maak,en jy sal die oorlog wen as jy baie raadgewers het.

7. ’n Dwaas verstaan niks van wysheid nie,wanneer leiers praat,dan kan hy nie saam met hulle praat nie.

8. Wanneer iemand planne maak om verkeerde dinge te doen,dan sê die mense hy is ’n man wat skelm dinge wil doen.

9. Wanneer ’n dwaas skelm dinge wil doen,dan kry hy dit nie reg nie,want mense haat ’n persoon wat altyd wil spot.

10. As jy nie weet wat om te doen wanneer dit gevaarlik is nie,dan is jy nie sterk genoeg nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24