Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die Here sal die persoon seënwat goed is vir ander menseen wat vir arm mense van sy kos gee.

10. Wanneer jy iemand wegjaag wat altyd wil spot,dan sal die mense ophou twis,en dan kan hy nie meer mense beskuldigen beledig nie.

11. Wanneer iemand eerlik lewe en vriendelik is,dan is die koning sy vriend.

12. Mense kan aanhou leer hoe om te leweomdat die Here regeer.Hy laat die dinge wat verraaiers sê,nie gebeur nie.

13. ’n Lui mens sê: “Daar is ’n leeu daar buite.Hy sal my vang as ek uitgaan.”

14. Wanneer ’n slegte vrou jou uitnooi,dan is dit soos wanneer jy by ’n diep gat staan.As die Here jou vervloek,dan sal jy in die gat val.

15. ’n Jongmens kan maklik ’n dwaas word,maar ’n pak slae sal help dat hy nie ’n dwaas word nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 22