Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22:3-13 Bybel vir Almal (ABA)

3. ’n Verstandige mens sien wanneer daarprobleme kom, en hy vlug.Mense wat baie min weet, vlug nie,en hulle kry swaar.

4. Wanneer iemand nederig isen hy respekteer en dien die Here,dan word hy ryk, en mense respekteer hóm,en hy lewe lank.

5. Daar is dorings en vangstrikke op die padvan skelm mense,maar iemand wat wil aanhou lewe,loop nie op daardie verkeerde pad nie.

6. Wanneer jy vir ’n jongmens leer hoe hy moet lewe,dan hou hy aan om so te lewe,ook wanneer hy oud geword het.

7. Ryk mense regeer oor arm mense,en iemand wat geld geleen het,word die slaaf van die persoonby wie hy die geld geleen het.

8. Dit sal sleg gaan met iemand wat slegte dinge doenaan ander mense,hy sal straf kry omdat hy dink hy kan doen wat hy wil.

9. Die Here sal die persoon seënwat goed is vir ander menseen wat vir arm mense van sy kos gee.

10. Wanneer jy iemand wegjaag wat altyd wil spot,dan sal die mense ophou twis,en dan kan hy nie meer mense beskuldigen beledig nie.

11. Wanneer iemand eerlik lewe en vriendelik is,dan is die koning sy vriend.

12. Mense kan aanhou leer hoe om te leweomdat die Here regeer.Hy laat die dinge wat verraaiers sê,nie gebeur nie.

13. ’n Lui mens sê: “Daar is ’n leeu daar buite.Hy sal my vang as ek uitgaan.”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 22