Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22:15-25 Bybel vir Almal (ABA)

15. ’n Jongmens kan maklik ’n dwaas word,maar ’n pak slae sal help dat hy nie ’n dwaas word nie.

16. Iemand wat arm mense verdruk,wil homself ryk maak,maar iemand wat presente gee vir ryk mense,word self arm.

17. Jy moet goed luister na wat die wyse mense sê,jy moet hard probeer om te leer,

18. want dit is lekker om dinge te weeten om dit weer te kan vertel.

19. Ek leer vir jou vandag, vir jóú,sodat jy kan weet dat die Here doenwat Hy belowe het.

20. Ek skryf hierdie belangrike dinge vir jousodat jy kan weet wat om te doenen sodat jy kan leer.

21. Jy moet weet wat die waarheid isen wat jy kan glo,sodat jy vir die persoon wat jou stuur,kan sê wat regtig gebeur het.

22. Jy moenie ’n arm mens se goed vatomdat hy arm is nie,jy moenie iemand wat homself nie kan beskerm nie,verkeerd oordeel nie,

23. want die Here sal self die Regter wees vir hulle,en Hy sal die persoon laat sterf wat vir húlle wil laat sterf.

24. Jy moenie vriende wees met iemandwat gou kwaad word nie,jy moenie saamgaan met so ’n mens nie,

25. want jy sal miskien soos hy worden jy sal soos ’n voël in ’n vangstrik trap.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 22