Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. Mense kan aanhou leer hoe om te leweomdat die Here regeer.Hy laat die dinge wat verraaiers sê,nie gebeur nie.

13. ’n Lui mens sê: “Daar is ’n leeu daar buite.Hy sal my vang as ek uitgaan.”

14. Wanneer ’n slegte vrou jou uitnooi,dan is dit soos wanneer jy by ’n diep gat staan.As die Here jou vervloek,dan sal jy in die gat val.

15. ’n Jongmens kan maklik ’n dwaas word,maar ’n pak slae sal help dat hy nie ’n dwaas word nie.

16. Iemand wat arm mense verdruk,wil homself ryk maak,maar iemand wat presente gee vir ryk mense,word self arm.

17. Jy moet goed luister na wat die wyse mense sê,jy moet hard probeer om te leer,

18. want dit is lekker om dinge te weeten om dit weer te kan vertel.

19. Ek leer vir jou vandag, vir jóú,sodat jy kan weet dat die Here doenwat Hy belowe het.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 22