Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 21:6-14 Bybel vir Almal (ABA)

6. Wanneer mense baie dinge hetomdat hulle ander mense bedrieg het,dan verdwyn dit soos wind, en die mense sterf gou.

7. Die mense wat verkeerd doenen wat ander mense wil seermaak en doodmaak,val in ’n vangnet wat hulle self styftrekomdat hulle nie reg wil doen nie.

8. ’n Skelm mens loop op verkeerde paaie,maar ’n eerlike mens het ’n skoon lewe.

9. Dit is beter om bo-op ’n huis se dak te woonas om in ’n huis te woon saam met ’n vrouwat aanhou kla.

10. Die mens wat verkeerd doen,wil aanhou verkeerd doen,hy is nie jammer vir ander mense nie.

11. Wanneer jy ’n persoon straf wat altyd wil spot,dan kry iemand wat baie min weet, wysheid.Wanneer jy vir ’n persoon leer wat wysheid het,dan leer hy nog meer.

12. God doen reg.Hy sien wat gebeur in die huisvan die mens wat verkeerd doen,en Hy laat dit sleg gaan met die menswat verkeerd doen.

13. As jy nie wil luister wanneer ’n arm mensvir jou vra om hom te help nie,dan sal die Here ook nie vir jou antwoordwanneer jy bid nie.

14. Wanneer jy ’n present gee vir iemandwat kwaad is vir jou,dan moet jy dit gee waar ander mensedit nie sien nie,dan sal daardie persoon nie meer kwaad wees nie.Ook wanneer hy baie kwaad is,sal hy weer goed word as jy die present geewaar julle alleen is.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 21