Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 21:26-31 Bybel vir Almal (ABA)

26. hy sit die hele dag en wens dat hy dinge sal kry.Iemand wat reg lewe,kan vir ander mense van sy goed gee,hy is nie suinig nie.

27. Die Here haat die offers van mensewat verkeerd doen,Hy haat dit nog meer wanneer hulle die offers bringomdat hulle skelm planne het.

28. ’n Vals getuie sal sterf,maar ’n getuie wat goed geluister het wat mense sê,kan aanhou praat.

29. Die mens wat verkeerd doen, wys nie wat hy dink nie,die eerlike mens maak seker dat hy reg lewe.

30. Wanneer ’n mens voor die Here staan,dan weet hy dat hy nie wysheid het nieen niks verstaan nie,hy weet nie wat om te doen nie.

31. Jy kan vir perde leer en jy kan hulle in die oorlog gebruik,maar dit is die Here wat jou die oorlog laat wen.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 21