Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 21:11-25 Bybel vir Almal (ABA)

11. Wanneer jy ’n persoon straf wat altyd wil spot,dan kry iemand wat baie min weet, wysheid.Wanneer jy vir ’n persoon leer wat wysheid het,dan leer hy nog meer.

12. God doen reg.Hy sien wat gebeur in die huisvan die mens wat verkeerd doen,en Hy laat dit sleg gaan met die menswat verkeerd doen.

13. As jy nie wil luister wanneer ’n arm mensvir jou vra om hom te help nie,dan sal die Here ook nie vir jou antwoordwanneer jy bid nie.

14. Wanneer jy ’n present gee vir iemandwat kwaad is vir jou,dan moet jy dit gee waar ander mensedit nie sien nie,dan sal daardie persoon nie meer kwaad wees nie.Ook wanneer hy baie kwaad is,sal hy weer goed word as jy die present geewaar julle alleen is.

15. ’n Mens wat reg lewe,is bly wanneer hy reg kan doen,maar mense wat slegte dinge doen, sal sterf.

16. Wanneer iemand ophou om verstandig te lewe,dan sal hy moet gaan woon waar die dooie mense is,hy sal sterf.

17. As iemand baie hou van plesier,dan sal hy arm word,iemand wat baie lief is vir wyn en olyf-olie,word nie ryk nie.

18. ’n Mens sal maklik iemand wat verkeerd doen, omruilvir iemand wat reg lewe,of hy sal ’n ontrou mens omruilvir ’n eerlike mens.

19. Dit is beter om in ’n woestyn te woonas om te woon saam met ’n vrou wat aanhou klaen wat jou laat swaarkry.

20. In ’n wyse mens se huis is daar kosbare goed en olyf-olie,’n dwase mens eet alles op wat hy het.

21. As iemand probeer om reg te doenen om te doen wat hy belowe het,dan sal hy aanhou lewe,mense sal reg doen aan hom en hulle sal hom respekteer.

22. Iemand wat wysheid het, kan ’n stad vol soldate oorwin,en hy kan die mure laat val wat die soldate moet beskerm.

23. As iemand eers dink voordat hy iets sê,dan kry hy nie probleme nie.

24. ’n Hoogmoedige mens wat dink net hý is reg,is ’n mens wat altyd wil spot.Alles wat hy doen, wys dat hy trots isen dat hy dink hy is beter as ander mense.

25. ’n Lui mens gaan dood omdat hy net wensdat hy dinge sal kry,want hy wil nie werk nie,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 21