Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:9-28 Bybel vir Almal (ABA)

9. Wie is daar wat kan sê:“Ek het my lewe skoon gehou,ek het nie sonde gedoen nie”?Niemand.

10. Die Here haat mense wat oneerlik iswanneer hulle dinge weeg of meet.

11. Jy kan sien hoe ’n jongmens iswanneer jy kyk wat hy doen,jy kan sien of hy skoon lewe en eerlik is.

12. ’n Mens het ore wat kan hooren oë wat kan sien,en die Here het hulle gemaak.

13. As jy nie arm wil word nie,dan moet jy nie lief wees vir slaap nie,as jy vroeg opstaan, dan sal jy genoeg kos hêom te eet.

14. Die persoon wat iets wil koop,sê die goed is sleg,maar wanneer hy weggaan,dan is hy baie tevrede met wat hy gekoop het.

15. Goud en edelstene is kosbaar,maar wanneer iemand dinge weet,dan is dit nog meer kosbaar.

16. Wanneer iemand borg gestaan hetvir ’n mens wat hy nie ken nie,wanneer hy belowe het om te betaalwat iemand uit ’n ander land skuld,dan moet jy sy klere vat as jý ietsvan hom wil terugkry.

17. As jy ander mense bedrieg hetom kos te kry,dan smaak die kos miskien lekker in die begin,maar later sal dit voel of jy klippies kou.

18. As jy eers goed dink voordat jy planne maak,dan sal jou planne slaag.Jy moet vra wat ander mense dinkvoordat jy besluit om oorlog te maak.

19. Iemand wat skinder, sê dingewat ander mense nie moet weet nie,jy moenie vriende wees met iemandwat nie oppas wat hy sê nie.

20. Wanneer iemand sy ouers vervloek,dan sal hy sterf, dit sal donker wees rondom hom.

21. Wanneer iemand later iets moet erf,maar hy vat dit voordat hy dit moet kry,dan sal daardie goed nie méér word nie.

22. Wanneer iemand slegte dinge gedoen het aan jou,dan moet jy nie sê jy sal ook slegte dingedoen aan hom nie,jy moet wag vir die Here, Hy sal jou help.

23. Die Here haat mense wat oneerlik iswanneer hulle dinge weeg, weegskale wat nie reg weeg nie, is nie goed nie.

24. ’n Mens kan nie self weetwat met hom sal gebeur nie.Dit is die Here wat besluit wat met ons sal gebeur.

25. ’n Mens trek ’n vangstrik styf vir homselfwanneer hy iets wy maar nie dinkwat hy belowe nie, hy besef later wat hy belowe het.

26. ’n Koning wat wysheid het, kan uitvind wie skuldig is,en hy straf hulle baie swaar.

27. Die mens se gees is die lamp van die Here,dit ondersoek alles wat ’n mens dink en doen.

28. Wanneer ’n koning doen wat hy beloween hy hou sy belofte,dan is hy veilig en hy hou aan om te regeer,want hy doen wat hy belowe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20