Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. ’n Mens wat reg lewe, lewe eerlik,en sy kinders wat ná hom kom, is gelukkig.

8. Wanneer ’n koning op sy troon gaan sitom te oordeel,dan sien hy alles wat verkeerd is.

9. Wie is daar wat kan sê:“Ek het my lewe skoon gehou,ek het nie sonde gedoen nie”?Niemand.

10. Die Here haat mense wat oneerlik iswanneer hulle dinge weeg of meet.

11. Jy kan sien hoe ’n jongmens iswanneer jy kyk wat hy doen,jy kan sien of hy skoon lewe en eerlik is.

12. ’n Mens het ore wat kan hooren oë wat kan sien,en die Here het hulle gemaak.

13. As jy nie arm wil word nie,dan moet jy nie lief wees vir slaap nie,as jy vroeg opstaan, dan sal jy genoeg kos hêom te eet.

14. Die persoon wat iets wil koop,sê die goed is sleg,maar wanneer hy weggaan,dan is hy baie tevrede met wat hy gekoop het.

15. Goud en edelstene is kosbaar,maar wanneer iemand dinge weet,dan is dit nog meer kosbaar.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20