hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 2 Bybel vir Almal (ABA)

Julle moet verander voordat die Here julle straf

1. Israeliete, julle is nie skaam oor alleswat julle gedoen het nie.Julle moet julle lewe verander

2. voordat die dag van die Here kom.Op die dag van die Heresal julle brandsoos kaf in vuur brand.Julle moet verandervoordat die Here julle straf,want Hy is baie kwaad.

3. Almal in die landwat nederig is,moet vra wat die Here wil hêen hulle moet dit doen.Julle moet aanhou om reg te doenen nederig te wees.Miskien sal die Here julle nie strafwanneer Hy kom nie.

Dit sal sleg gaan met die Filistyne

4. Daar sal nie meer mense weesin die stad Gasa nie,en die vyande sal alles afbreekin die stad Askelon.Al die mense in die stad Asdodsal op een dag sterf,en die vyande sal die stad Ekronafbreek en verwoes.

5. Ja, Filistyne, dit sal sleg gaanmet julle wat naby die see woon,julle wat van die eiland Kreta kom.Mense van Kanaän, Filistyne-land,die Here sê Hy sal julle straf.Daar sal nie meer mensein julle land lewe nie.

6. Julle woon nou hiernaby die see,maar skaapwagters salhulle skape hier laat wei,hulle sal hier krale maakvir hulle skape en bokke.

7. Die mense van Juda wat nog lewe,sal die skape en bokke wees.Hulle sal wei in die Filistyne se land,hulle sal in die aande gaan slaapin die huisevan die stad Askelon.Hulle God die Heresal hulle Herder wees,Hy sal hulle seën,sodat dit goed sal gaan met hulle.

Die Here sal die ander volke straf

8. Die Here sê:“Ek het gehoorhoe sleg praat die Moabieteen die Ammoniete oor my volk.Hulle het gemaakof my volk niks beteken nieen hulle dinkhulle is self baie belangrik.”

9. Die Here wat oor alles regeer, die God van die Israeliete, sê:“So seker soos Ek lewe,die Moabiete en die Ammonietesal word soos Sodom en Gomorra.Daar waar hulle nou woon,sal net doringbossies groei,dit sal wees soos wanneer daarbaie sout in die grond is.Daar sal nooit weeriemand woon nie.Die mense van my volkwat nog lewe,sal die Moabiete en die Ammonietese goed vaten in hulle land gaan woon.”

10. Dit sal gebeur omdat die Moabieteen die Ammoniete hoogmoedig was.Hulle het gedink hulle is baie belangriken hulle het gedink die Here se volkbeteken niks,die volk van die Herewat oor alles regeer.

11. Die Moabiete en die Ammonietesal baie bang word vir die Here,want Hy sal al die godevan die aarde laat sterf.Hulle sal nie kos hê om te eet nie.Al die volke naby die seeen op die eilandesal voor die Here buig,elkeen in sy eie land.

12. Die Here sal ook teen die Kussieteoorlog maak, en hulle sal sterf.

13. Dan sal Hy sy hand uitsteek na die noordeen Hy sal die Assiriërs laat sterf.Waar die stad Nineve nou is,sal daar ’n droë woestyn weeswaar diere wei.Daar sal nie mense woon nie.

14. Baie soorte diere sal daar lê en rus. Pelikane en uile salop die stad se pilare slaap.Die wind sal deur die vensters waai.By die deure sal bakstene lêwat van bo afgeval het,want die vyande sal al die sederhoutvan die huise afhaal en wegvat.

15. Nineve was ’n stadvol vrolike mensewat oor niks bekommerd was nie.Hulle het gedink hulle stadis die beste en die sterkste.Maar die vyandesal die stad verwoes.Dit sal ’n plek wees waar net diere lê.Almal wat daar verbygaan,sal die stad Nineve spot.Hulle sal na die hope klippe wysen lag.