Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 1:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met Sefanja gepraat. Dit was in die tyd toe Josia die koning van Juda was. Josia was die seun van Amon. Sefanja was die seun van Kusi, en Kusi was die seun van Gedalja. Gedalja was die seun van Amarja, en Amarja was die seun van Hiskia.

2. Die Here sê:“Ek sal alles wegveevan die aarde af.

3. Ek sal die mense en die dieredoodmaak en wegvee,Ek sal die voëls in die lugen die visse in die see wegvee.Ek sal ook die slegte mense wegvee,die mense wat gekeer hetdat ander mense reg doen.Ek sal die mense doodmaaken wegvat van die aarde af,”sê die Here.

4. “Ek sal die mense van Judaen die mense in Jerusalem straf.Ek sal almal doodmaakwat nog die afgod Baäl dien.Niemand sal die name onthouvan die afgode se priesters nie.Ek sal al die priesters doodmaak,

5. die priesters wat op die dakke staanen vir die sterre buig,die priesters wat voor die Here buigen belowe om vir Hompresente te bring,maar wat ook beloweom vir die afgod Milkompresente te bring.

6. Ek sal al die priesters doodmaakwat opgehou hetom My te dienen wat nie meer vir My vrawat hulle moet doen nie.”

7. Bly stil, die Here is naby!Die dag van die Here is naby.Die Here maak alles gereed,Hy wil mense slagsoos ’n mens diere slagom te offer.Hy het hulle geroepen Hy maak hulle regom hulle te offer.

Lees volledige hoofstuk Sefanja 1