Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 2:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het weer vir my iets gewys. Ek het ’n man gesien, en in sy hand was ’n tou om die stad Jerusalem te meet.

2. Ek het vir hom gevra: “Waarnatoe gaan jy?”En hy het vir my gesê: “Ek gaan Jerusalem meet, ek wil sien hoe lank en hoe breed die stad is.”

3. Die engel wat vir my moes sê wat alles beteken, het weggegaan. Maar ’n ander engel het na hom toe gegaan en vir hom gesê:

4. “Hardloop terug en gaan sê vir daardie jongman, Sagaria: Jerusalem sal nie mure hê nie, want daar sal te veel mense en diere in die stad wees.

5. Maar die Here sal self die stad beskerm. Hy sal ’n muur van vuur wees rondom die stad, en ’n lig binne-in die stad.”

6. Die Here sê vir die mense van Jerusalem: “Kom, julle moet vlug uit daardie land in die noorde. Ek het voorheen die vyande gestuur om julle weg te vat na baie lande.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 2