Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 10:9-12 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ek het hulle weggevat en Ek het hulle tussen ander volke laat woon. Hulle was ver weg in ander plekke, maar hulle het aan My gedink. Daarom sal hulle en hulle kinders lewe, en hulle sal terugkom.

10. Ek sal hulle bymekaarmaak en terugbring uit Egipte en Assirië, Ek sal hulle bring na die land Gilead en die Libanon-berg. Daar sal nie genoeg plek wees vir hulle nie.

11. Hulle sal deur die water gaan waar dit nie breed is nie. Hulle sal op die branders slaan, en die Nyl-rivier sal droog word, ook die diep plekke in die rivier. Dan sal die mense van Assirië nie hoogmoedig wees nie, en die Egiptenaars sal nie regeer nie.

12. Die mense van Efraim sal sterk wees omdat Ek by hulle is. Mense sal sien hulle behoort net aan My.”Dit sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 10