Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:48-57 Bybel vir Almal (ABA)

48. Hy en al sy manne het toe teen Salmon-berg opgeklim. Hy het ’n byl gevat en ’n tak van ’n boom afgekap en die tak op sy skouer gesit. Toe sê hy vir sy manne: “Julle moet dieselfde doen, doen dit gou.”

49. Al die manne het takke afgekap. Hulle het agter Abimelek geloop en hulle het die takke op die kelder gesit. Toe steek hulle die takke op die kelder aan die brand bo-oor die mense van die Sigem-toring, en so het al die mense van die Sigem-toring gesterf. Dit was omtrent 1 000 mans en vroue.

50. Abimelek het na die stad Tebes gegaan. Hy het die stad van al die kante aangeval en hy het dit oorwin.

51. Binne-in die stad was ’n sterk toring, en al die mans en vroue het daarnatoe gevlug, ook die belangrike mense van die stad. Hulle het die deur gesluit en op die toring se dak geklim.

52. Abimelek het by die toring gekom en hy wou oorlog maak teen die mense in die toring. Toe hy nader kom na die deur om dit aan die brand te steek,

53. het ’n vrou ’n maalklip afgegooi op Abimelek se kop, en die klip het sy kopbeen laat bars.

54. Hy roep toe dadelik die seun wat sy wapens dra, en sê vir hom: “Vat jou swaard en maak my dood. Ek wil nie hê dat die mense sal sê ’n vrou het my doodgemaak nie.”Die seun het Abimelek doodgesteek,

55. en toe die Israeliete sien Abimelek is dood, het elkeen teruggegaan na sy huis.

56. So het die Here vir Abimelek gestraf omdat hy sy broers doodgemaak het en so verkeerd gedoen het teen sy pa.

57. Die Here het ook die belangrike mense van Sigem gestraf oor wat hulle gedoen het. So het gebeur wat Jotam oor hulle gesê het.

Lees volledige hoofstuk Rigters 9