Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:46-51 Bybel vir Almal (ABA)

46. Die mense van die Sigem-toring het gaan wegkruip toe hulle hoor daar is oorlog in die stad. Hulle het weggekruip in ’n kelder by die tempel van El-Berit.

47. Abimelek het gehoor al die mense van die Sigem-toring is daar bymekaar.

48. Hy en al sy manne het toe teen Salmon-berg opgeklim. Hy het ’n byl gevat en ’n tak van ’n boom afgekap en die tak op sy skouer gesit. Toe sê hy vir sy manne: “Julle moet dieselfde doen, doen dit gou.”

49. Al die manne het takke afgekap. Hulle het agter Abimelek geloop en hulle het die takke op die kelder gesit. Toe steek hulle die takke op die kelder aan die brand bo-oor die mense van die Sigem-toring, en so het al die mense van die Sigem-toring gesterf. Dit was omtrent 1 000 mans en vroue.

50. Abimelek het na die stad Tebes gegaan. Hy het die stad van al die kante aangeval en hy het dit oorwin.

51. Binne-in die stad was ’n sterk toring, en al die mans en vroue het daarnatoe gevlug, ook die belangrike mense van die stad. Hulle het die deur gesluit en op die toring se dak geklim.

Lees volledige hoofstuk Rigters 9