Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:15-26 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die doringbos het virdie bome gesê:‘As julle regtig wil hêek moet julle koning wees,dan moet julle in my skaduweekom staan,en as julle dit nie doen nie,dan sal daar ’n vuur uitdie doringbos komen die vuur sal die sederbomevan die Libanon-bergverbrand.’

16. “En nou, manne van Sigem, julle het nie goed gedoen aan Gideon se familie nie. Julle het nie onthou wat hy vir julle gedoen het nie, julle was ontrou aan hom. Julle het vir Abimelek gekies en julle het hom koning gemaak.

17. My pa het oorlog gemaak sodat julle kan lewe. Hy was nie bang om te sterf nie. Hy het julle gered van die Midianiete.

18. Maar julle is vandag opstandig teen my pa se familie, en julle het sy 70 seuns vermoor, almal op een klip. Julle het Abimelek, die seun van my pa se slavin, julle koning gemaak omdat hy familie is van julle.

19. Julle was ontrou aan Gideon en sy familie. Nou moet julle en Abimelek gelukkig wees met mekaar.

20. As julle dit nie doen nie, dan sal Abimelek ’n vuur wees wat die manne van Sigem en Bet-Millo verbrand, en die manne van Sigem en Bet-Millo sal ’n vuur wees wat vir Abimelek verbrand.”

21. Jotam het toe weggehardloop en gevlug. Hy het in die stad Beër gaan woon, want hy was bang sy broer Abimelek maak hom dood.

22. In die derde jaar nadat Abimelek oor die Israeliete begin regeer het,

23. het die Here ’n bose gees gestuur om Abimelek en die manne van Sigem vyande van mekaar te maak. Die manne van Sigem het ontrou geword aan Abimelek.

24. Die Here wou Abimelek straf omdat hy sy broers, die 70 seuns van Gideon, vermoor het. Die Here wou ook die manne van Sigem straf omdat hulle vir Abimelek gehelp het om sy broers te vermoor.

25. Die manne van Sigem het in die berge gaan lê en wag vir mense wat op die pad verbykom, en dan het hulle die mense se goed gevat. Mense het dit vir Abimelek vertel.

26. Toe het Gaäl seun van Ebed in Sigem aangekom, hy en sy broers. Die manne van Sigem het gedink hy sal hulle kan help.

Lees volledige hoofstuk Rigters 9