Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5:8-17 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die volk het ander gode gekies,en die oorlog het begin in die stede.Maar nie een van Israelse duisende soldatehet ’n skild en ’n spies gevatom te veg nie.

9. Ek is bly oor die leiers van Israelen die mense wat selfbesluit het om te kom.Prys die Here!

10. Julle moet hard praaten vir die mense daarvan vertel,elkeen van jullewat op ’n mooi saal sitop ’n bruin donkie,en julle wat op die paaie loop.

11. Die mense wat water skepvir die diere,praat daaroor dat die Heredie vyande oorwin heten dat die mense buite die stedenou weer kan lewe.Die volk van die Herehet na die poorte gekom

12. en gesê: ‘Debora,jy moet wakker word,jy moet wakker word,wakker word en sing!Barak, seun van Abinoam,jy moet gereedmaak,jy moet die vyande kom vang.’

13. “Toe het die mense van my volk,die mense wat nog gelewe het,saam met hulle leiers gekom.Die volk van die Herehet na my toe gekomen hulle was almaldapper soldate.

14. Uit Efraim het mense afgekomna die vallei,en saam met hulle was die mensevan Benjamin.Leiers het gekom uit Makiren uit Sebulon.

15. Daar was belangrike mensevan die stam Issaskarby Debora,ja, hulle was saam met Barakin die vallei.Maar die Ruben-mensehet net gesit en dinkby die plekke waar hullevir hulle skape water gee.

16. Hoekom het julle daarby die skaapkrale geblyen aangehou luister na die fluitevan die skaapwagters?Ja, die Ruben-mense het netgesit en dink.

17. Die mense van Gilead hetanderkant die Jordaan-rivier geblyen die mense van Dan,hoekom het hulle by die skepevan ander mense gebly?Die Aser-mense het ook daarlangs die see bly siten nie weggegaanvan die hawe nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 5