Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5:14-23 Bybel vir Almal (ABA)

14. Uit Efraim het mense afgekomna die vallei,en saam met hulle was die mensevan Benjamin.Leiers het gekom uit Makiren uit Sebulon.

15. Daar was belangrike mensevan die stam Issaskarby Debora,ja, hulle was saam met Barakin die vallei.Maar die Ruben-mensehet net gesit en dinkby die plekke waar hullevir hulle skape water gee.

16. Hoekom het julle daarby die skaapkrale geblyen aangehou luister na die fluitevan die skaapwagters?Ja, die Ruben-mense het netgesit en dink.

17. Die mense van Gilead hetanderkant die Jordaan-rivier geblyen die mense van Dan,hoekom het hulle by die skepevan ander mense gebly?Die Aser-mense het ook daarlangs die see bly siten nie weggegaanvan die hawe nie.

18. Maar die mense van Sebulonen Naftali was nie bang nie.Hulle het kom wagstaanop die berge van die land.

19. Konings het kom oorlog maak,die konings van Kanaänhet oorlog gemaak in Taänakby die Megiddo-water,maar hulle het nie die Israelieteoorwin en hulle silwer gevat nie.

20. Die sterre het van bo in die lugoorlog gemaak,hulle het op hulle pad geblyen oorlog gemaak teen Sisera.

21. Die Kison-rivier het Siserase mense weggespoel,die Kison-rivier wat baie oud is.Maar ek kon verder gaan,ek was sterk.

22. Die perdepote het geraasop die grond,Sisera se soldate het gevlugop hulle perde.

23. “Die Engel van die Herehet gesê:‘Julle moet die stad Meros vervloek,julle moet sy mense vervloeken nie jammer weesvir hulle nie.Want hulle het nie gekommet hulle soldateom die Here te help nie.’

Lees volledige hoofstuk Rigters 5