Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam hierdie lied gesing:

2. “Manne in die land Israelhet gereedgemaakvir die oorlog.Niemand het gesê dat hullemoet kom nie,hulle het self gekom.Prys die Here.

3. Konings en almalwat belangrik is,julle moet luister.Ek wil vir die Here sing,ek wil musiek maak vir die Here,die God van Israel.

4. Here, die aarde het geskud,en daar het water gedrupuit die wolke in die lugtoe U uit die land Seïr gekom het,toe U gekom hetuit die veld van Edom.

5. Ja, die berge het gebewevoor die Herewat van Sinai-berg kom,die berge het gebewevoor die God van Israel.

6. “In die tyd toe Samgarseun van Anat gelewe het,in die tyd van Jael,was dit te gevaarlikom op die paaie te loop,mense moes deur die veld loop.

7. Niemand in die land Israelkon buite die stede woon nietotdat ek, Debora, gekom hetom ’n ma te wees vir Israel.

8. Die volk het ander gode gekies,en die oorlog het begin in die stede.Maar nie een van Israelse duisende soldatehet ’n skild en ’n spies gevatom te veg nie.

9. Ek is bly oor die leiers van Israelen die mense wat selfbesluit het om te kom.Prys die Here!

10. Julle moet hard praaten vir die mense daarvan vertel,elkeen van jullewat op ’n mooi saal sitop ’n bruin donkie,en julle wat op die paaie loop.

11. Die mense wat water skepvir die diere,praat daaroor dat die Heredie vyande oorwin heten dat die mense buite die stedenou weer kan lewe.Die volk van die Herehet na die poorte gekom

12. en gesê: ‘Debora,jy moet wakker word,jy moet wakker word,wakker word en sing!Barak, seun van Abinoam,jy moet gereedmaak,jy moet die vyande kom vang.’

13. “Toe het die mense van my volk,die mense wat nog gelewe het,saam met hulle leiers gekom.Die volk van die Herehet na my toe gekomen hulle was almaldapper soldate.

14. Uit Efraim het mense afgekomna die vallei,en saam met hulle was die mensevan Benjamin.Leiers het gekom uit Makiren uit Sebulon.

Lees volledige hoofstuk Rigters 5