Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 21:8-14 Bybel vir Almal (ABA)

8. Daarom het hulle gevra: “Watter Israel-stam het nie na die tempel in Mispa gekom nie?”Niemand uit Jabes-Gilead het na die vergadering gekom nie.

9. Toe die Israeliete die manne tel, het hulle gesien nie een van Jabes-Gilead se mense het gekom nie.

10. Hulle stuur toe 12 000 van hulle beste manne en sê vir hulle: “Julle moet die mense van Jabes-Gilead gaan doodmaak, die vroue en kinders ook.

11. Julle moet elke man of seun doodmaak, ook al die vroue wat seks gehad het met ’n man.”

12. Die manne het tussen die mense van Jabes-Gilead 400 jongmeisies gekry wat nog nie by ’n man geslaap het nie, en hulle het die meisies na die kamp in Silo gebring in die land Kanaän.

13. Toe stuur die Israeliete boodskappers na die Benjamin-mense by die Rimmon-rots en sê hulle kan terugkom.

14. Die Benjamin-mense het teruggegaan en die Israeliete het vir hulle die vroue gegee wat van Jabes-Gilead gekom het. Maar daar was nie genoeg vroue nie,

Lees volledige hoofstuk Rigters 21