Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 21:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe die Israeliete in Mispa bymekaar was, het hulle belowe dat nie een van hulle sy dogter sal laat trou met iemand uit die Benjamin-stam nie.

2. Ná die oorlog teen die Benjamin-mense het die Israeliete na die stad Bet-El gegaan en hulle het daar tot die aand voor God gesit en aangehou om hard te huil.

3. Hulle het gesê: “Here, God van Israel, hoekom het dit gebeur? Hoekom is daar vandag een stam minder in die volk Israel?”

4. Die volgende dag het hulle vroeg opgestaan en hulle het daar ’n altaar gebou en brand-offers en ete-offers gebring.

5. Die Israeliete het gevra: “Watter Israeliete het nie na die vergadering by die tempel in Mispa gekom nie?”Hulle het in daardie tyd belowe hulle sal almal doodmaak wat nie na die tempel in Mispa kom nie.

6. Hulle was nou jammer oor hulle broers, die Benjamin-mense, en hulle het gesê: “Daar is vandag een stam minder in die volk Israel.

Lees volledige hoofstuk Rigters 21