Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:9-24 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ons weet wat ons sal doen, ons sal lootjies trek om uit te vind wie moet die mense van Gibea gaan straf.

10. Ons sal een tiende van die manne van elke stam van Israel stuur om padkos te gaan haal, en wanneer hulle terugkom, sal ons die mense van Gibea in die land Benjamin straf oor die lelike ding wat hulle gedoen het in die land Israel.”

11. Die manne van Israel het almal bymekaargekom om teen die stad Gibea oorlog te maak.

12. Maar hulle het eers boodskappers gestuur na al die families in die land Benjamin en gesê: “Daar het ’n slegte ding by julle gebeur.

13. Julle moet nou daardie slegte mense bring wat in Gibea is, sodat ons hulle kan doodmaak. Ons moet hierdie slegte ding wegvat uit die land Israel.”Maar die Benjamin-mense wou nie luister na die ander Israeliete nie.

14. Die Benjamin-mense het uit al die stede by Gibea bymekaargekom om teen die ander Israeliete oorlog te maak.

15. Die Benjamin-mense het 26 000 manne gehad wat kon oorlog maak, en hulle het nog 700 manne gekies uit die mense van Gibea.

16. Van daardie manne was 700 links, maar hulle kon baie goed gooi met ’n slingervel. Hulle kon ’n haar raakgooi, hulle het nie misgegooi nie.

17. Die ander Israeliete het 400 000 manne gehad wat kon oorlog maak, almal was goeie soldate.

18. Hulle het gereedgemaak en na Bet-El gegaan om vir God te vra wie eerste moet begin oorlog maak teen die Benjamin-mense. Die Here het gesê: “Die Juda-stam moet eerste gaan.”

19. Die Israeliete het die oggend gereedgemaak en hulle het hulle tente opgeslaan by Gibea.

20. Die manne van die Israeliete het uit die kamp gegaan en hulle het gereedgestaan om teen die mense van Gibea oorlog te maak.

21. Maar toe kom die Benjamin-mense uit Gibea en hulle maak daardie dag 22 000 manne van die Israeliete dood.

22. Die manne van die Israeliete was dapper. Hulle het weer gaan gereedstaan op die plek waar hulle die eerste dag gestaan het.

23. Maar die Israeliete het eers weer na die tempel in Bet-El gegaan en hulle het daar tot die aand voor die Here gesit en huil. Hulle het vir die Here gevra of hulle weer oorlog moet gaan maak teen hulle broers, die Benjamin-mense, en die Here het gesê: “Ja, julle moet teen hulle gaan oorlog maak.”

24. Maar toe die Israeliete die tweede dag nader gaan om oorlog te maak,

Lees volledige hoofstuk Rigters 20