Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:43-48 Bybel vir Almal (ABA)

43. Daar was Israeliete voor en agter die Benjamin-mense, en hulle het aangehou om die Benjamin-mense dood te maak oos van Gibea. Daar was nie tyd om te rus nie.

44. Die Israeliete het daar 18 000 van Benjamin se manne doodgemaak, almal dapper manne.

45. Die ander Benjamin-mense het na die woestyn gevlug, na die Rimmon-rots, maar terwyl hulle gevlug het, het die Israeliete nog 5 000 manne van Benjamin doodgemaak, en tot by Gidom nog 2 000.

46. Daardie dag het 25 000 van Benjamin se manne gesterf.

47. Net 600 het tot by die Rimmon-rots gevlug, en hulle het vier maande daar gebly.

48. Die manne van Israel het omgedraai en hulle het in al die stede die ander Benjamin-mense begin doodmaak, mense en diere, en hulle het alles in die stede verbrand.

Lees volledige hoofstuk Rigters 20