Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Israeliete het toe ’n volksvergadering gehou by die tempel in Mispa. Hulle het gekom uit al die plekke in die land, van Dan in die noorde tot Berseba in die suide, en uit die land Gilead.

2. Al die leiers van die volk van God, van al die stamme van Israel, het na die volksvergadering gekom. Daar was 400 000 manne wat met swaarde kon oorlog maak.

3. Die Benjamin-mense het gehoor die Israeliete het in Mispa bymekaargekom. Die Israeliete in die vergadering het gesê: “Julle moet praat. Hoe het hierdie slegte ding gebeur?”

4. Die Leviet, die man van die vrou wat vermoor is, het toe geantwoord. Hy het gesê: “Ek en my byvrou het in Gibea gekom, ’n stad wat aan die Benjamin-stam behoort. Ons wou daar slaap.

5. Maar die manne van Gibea het slegte dinge gedoen aan my. Hulle het in die nag rondom die huis kom staan. Hulle wou my vermoor, en hulle het my byvrou verkrag tot sy dood is.

6. Ek het toe my byvrou se liggaam in stukke gesny en ek het die stukke deur die hele land Israel gestuur. Ek wou hê almal moet weet die manne van Gibea het ’n slegte ding gedoen, iets waaroor al die Israeliete hulle moet skaam.

7. Nou moet julle almal besluit en sê wat ons moet doen.”

8. Toe staan almal in die vergadering saam op en hulle sê: “Niemand van ons sal teruggaan huis toe nie.

9. Ons weet wat ons sal doen, ons sal lootjies trek om uit te vind wie moet die mense van Gibea gaan straf.

Lees volledige hoofstuk Rigters 20