Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 11:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daar was ’n man in Gilead, sy naam was Jefta. Hy was iemand wat goed oorlog kon maak, maar hy was die seun van ’n prostituut. Sy pa se naam was Gilead.

2. Gilead se vrou het ook kinders gekry, en toe haar kinders groot was, het hulle vir Jefta weggejaag. Hulle het vir hom gesê: “Jy is ’n ander vrou se kind, jy kan nie saam met ons van pa se goed erf nie.”

3. Jefta het toe weggegaan van sy broers en hy het in die land Tob gaan woon. Mense wat nie grond of werk gehad het nie, het by Jefta gaan woon en hulle het oral saam met hom gegaan.

4. Toe die Ammoniete later weer kom oorlog maak teen die Israeliete,

5. het die leiers van die Gilead-mense vir Jefta gaan haal in die land Tob.

6. Hulle het vir Jefta gesê: “Kom, jy moet ons leier wees, ons wil oorlog maak teen die Ammoniete.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 11