Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 92:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm. ’n Lied. Vir die Sabbatdag.

2. Dit is goed om vir die Here dankie te sê,om te sing vir U, Hoogste God,

3. om elke môre te sê dat U doen wat U belowe,om elke nag te sê dat U dieselfde bly.

4. Ek doen dit met ’n tiensnaar-harp,en met die musiek van ’n lier,

5. want die dinge wat U gedoen het, het my bly gemaak,ek wil sing oor die dinge wat U gedoen het.

6. Here, dit is groot dinge wat U gedoen het,die dinge wat U dink, is vir my moeilik om te verstaan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 92