Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 90:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Gebed. Van Moses, die man van God.Here, ons was veilig by U, al die geslagte lank.

2. U was altyd God, voordat die berge daar was,voordat U die aarde, die wêreld, gemaak het,en U sal altyd God wees.

3. U laat die mens sterf sodat hy weer stof word,U sê: “Mens, jy moet teruggaan.”

4. Want vir U is 1 000 jaar soos gisterwat verby is,of soos ’n wagbeurt in die nag.

5. U laat mense sterf, hulle lewe is soos slaapwat verby is in die oggend,hulle is soos plante wat verdwyn.

6. In die oggend begin die plante groei,en in die aand verdwyn hulle.Hulle word droog, hulle verlep.

7. Want wanneer U kwaad is, dan skrik ons en ons sterf.

8. U weet wat ons gedoen het wat verkeerd is,U sien die sondes wat ons wil wegsteek.

9. Ja, U bly kwaad vir ons so lank soos ons lewe,ons lewe gaan baie gou verby.

10. Ons lewe sewentig jaar,of as ons sterk is, dan lewe ons tagtig jaar,en ons kry die hele tyd swaar,daar gebeur elke dag slegte dinge.Ja, dit gaan gou verby, die tyd vlieg.

11. Niemand weet wat U alles kan doenwanneer U kwaad is nie.Ons is bang vir U wanneer U kwaad is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 90