Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:45-53 Bybel vir Almal (ABA)

45. U het hom laat ophou om koning te wees,U het sy troon omgegooi, dit lê op die grond.

46. U het hom gou oud laat word,U het hom alles laat verloor. Sela

47. Here, hoe lank wil U nog maakof U dit nie weet nie?Altyd?Hoe lank wil U kwaad blyen ons laat brand soos in ’n vuur?

48. U moet onthou dat my lewe kort is.U het al die mense so gemaakdat hulle maklik sterf.

49. Watter mens wat lewe, sal nie sterf nie?Niemand.Watter mens kan homself vrymaak van die dood?Niemand. Sela

50. U het altyd gedoen wat U belowe het,hoekom doen U dit nie nou ook nie?Hoekom het U nie dieselfde geblysoos U vir Dawid belowe het nie?

51. My Here, U moet daaraan dinkdat mense vir my, u dienaar, gespot het.Ek het gehoor hoe al die volke my spot.

52. Here, die mense wat my spot, is u vyande,hulle het vir my, u gesalfde, gespot oral waar ek gaan.

53. Julle moet die Here altyd prys.Amen en amen.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89