Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 87:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van die Korag-groep. ’n Psalm. ’n Lied.Die fondamente van die stad van die Hereis op die gewyde berge.

2. Die Here is lief vir Sion en sy poorte,meer lief as vir die ander woonplekke in die land Israel.

3. Stad van God,die mense sê wonderlike dinge oor jou. Sela

4. Die Here sê: “Daar is volke wat My ken,en saam met daardie volke noem Ek ookdie mense van Egipte en Babel,Filistyne-land, Tirus en Kus.Hulle is nou ook kinders van Sion.”

5. En ons sê: “Sion sal hoordaardie mense is almal sy kinders,en dit is die Hoogste Godwat die stad sterk en vas laat staan.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 87