Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 85:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. ’n Psalm.

2. Here, U was goed vir u land,U het dit weer goed laat gaan met die nageslag van Jakob,

3. U het die dinge wat u volk gedoen het, vergewe,U het al hulle sondes vergewe. Sela

4. U was nie meer kwaad vir hulle nie,U het opgehou om kwaad te wees.

5. O God, U wat altyd vir ons gered het,U moet dit weer goed laat gaan met ons.

6. Wil U altyd kwaad wees vir ons?Moet elke geslag voel dat U kwaad is?

7. U moet ons weer laat lewe,sodat ons, u volk, bly kan weesomdat ons aan U behoort.

8. Here, U moet vir ons wysdat U doen wat U belowe het,U moet ons weer red.

9. Ek wil hoor wat God die Here sê,want Hy sal sê dat dit weer goed sal gaanmet sy volk, met die mense wat in Hom glo.Maar hulle moenie weer dwase dinge doen nie.

10. Dit is seker, die tyd is nabywanneer die Here die mense sal red wat Hom dien.Dan sal Hy, die Koning, by ons in ons land wees.

11. Hy sal doen wat Hy belowe het,en sy volk sal doen wat hulle moet doen.Hy sal reg doen aan hulle,en dit sal goed gaan met hulle.

12. Die mense sal doen wat hulle moet doen,en die Here sal reg doen aan hulle.

13. Hy sal ook vir ons goeie dinge gee,en daar sal baie koring in ons land wees.

14. Die Here sal reg doen aan ons,oral waar Hy gaan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 85