Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 82:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Julle moet mense vrymaak wat arm is en niks het nie,julle moet hulle red van mense wat verkeerd doen.

5. “Maar julle weet niks, julle verstaan niks,julle doen net slegte dinge, dinge van die donker,en daarom word almal in die wêreld slegter.

6. Ek het gesê julle is gode,julle is almal engele van die Hoogste God.

7. Maar nou sê Ek: Julle sal sterwe soos mense,julle sal doodgaan soos die mense wat regeer.”

8. O God, U moet self die mense van die aarde oordeel,want al die volke behoort aan U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 82