Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 82:2-6 Bybel vir Almal (ABA)

2. Hy het gesê:“Hoe lank wil julle nog onregverdig oordeelen sê die mense wat verkeerd doen, is nie verkeerd nie? Sela

3. Julle moet reg doen aan arm menseen aan mense wat niemand het wat hulle kan help nie.Julle moet sê wanneer iemand reg is,ook iemand wat homself nie kan help nie,of iemand wat niks het nie.

4. Julle moet mense vrymaak wat arm is en niks het nie,julle moet hulle red van mense wat verkeerd doen.

5. “Maar julle weet niks, julle verstaan niks,julle doen net slegte dinge, dinge van die donker,en daarom word almal in die wêreld slegter.

6. Ek het gesê julle is gode,julle is almal engele van die Hoogste God.

Lees volledige hoofstuk Psalms 82