Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:9-20 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die mense van Efraim kon met pyl en boog vegmaar hulle het gevlug toe die oorlog begin.

10. Hulle het nie gedoen wat die verbond van God sê nie,hulle wou nie lewe soos Hy wil hê nie.

11. Hulle het vergeet wat God gedoen het,hulle het die wonderwerke vergeetwat Hy vir hulle gewys het.

12. Hulle voorvaders het gesien toe God ’n wonderwerk doenin die land Egipte, die land waar die stad Soan is.

13. Hy het ’n pad deur die see gemaaken Hy het hulle laat deurloop,die water het soos ’n muur gestaan.

14. God het sy volk in die dag gelei met ’n wolken elke nag het Hy hulle met die lig van ’n vuur gelei.

15. God het rotse oopgebreek in die woestynen Hy het sy volk laat drink van die waterdiep onder die aarde.

16. Hy het strome water uit klip laat kom,die water het gevloei soos riviere.

17. Maar die mense van Efraim het aangehouom sonde te doen teen God,hulle was opstandig teen die Hoogste Godin die land waar daar nie water is nie.

18. Hulle het God getoets en hulle het die kos gevrawaarvoor hulle lus was.

19. Hulle het teen God gepraat, hulle het gevra:“Kan God in die woestyn vir ons kos gee om te eet?

20. Dit is waar, Hy het ’n rots geslaan,en daar het water uitgestroom,daar het riviere gevloei.Maar kan God ook brood gee,of kan hy vir sy volk vleis bring?”

Lees volledige hoofstuk Psalms 78