Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:25-39 Bybel vir Almal (ABA)

25. Mense het brood van engele geëet,God het vir hulle kos gestuur, meer as genoeg.

26. Hy wat sterk is, het die wind laat waaiuit die ooste en uit die suide.

27. Hy het vleis op hulle laat reën, dit was voëls,so baie soos stof, so baie soos die sand by die see.

28. Die voëls het binne-in die kamp geval,rondom hulle tente.

29. Hulle het geëet en meer as genoeg gekry,God het vir hulle die kos gebring waarvoor hulle lus was.

30. Maar hulle wou aanhou en aanhou eet.Die kos was nog in hulle mond,

31. toe het God kwaad geword vir hulle.Hy het van hulle vetste manne begin doodmaak,Hy het die jongmanne van Israel laat sterf.

32. God het dit alles gedoen,maar hulle het aangehou om sonde te doen,hulle het nie geglo dat dit Hý iswat die wonderwerke gedoen het nie.

33. God het hulle laat sterf.Hulle lewens het niks beteken nie, dit was soos wind,hulle was elke dag bekommerd en bang.

34. Elke maal wanneer God party mense laat sterf het,dan het die ander mense na Hom toe teruggekomen gesê dat hulle jammer isen dat hulle wil doen wat Hy wil hê.

35. Hulle het dan gesê dit is God wat hulle Rots is,dit is die Hoogste God wat hulle kan vrymaak.

36. Maar hulle wou Hom bedrieg,hulle het dinge gesê, maar hulle was vals.

37. Hulle het nie regtig in God geglo nie,hulle het nie gedoen wat Hy gesê hettoe Hy ’n verbond met hulle gemaak het nie.

38. En God?Hy was genadig,Hy het hulle sonde vergewe,Hy het hulle nie almal laat sterf nie.Hy het baie maal weer goed geword vir hulle,Hy het nie vir hulle kwaad gebly nie.

39. Hy het onthou dat hulle mense is,hulle is soos wind wat verbywaaien dan is dit weg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78