Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:2-10 Bybel vir Almal (ABA)

2. Ek wil dit doen soos wyse mense dit doen,ek wil praat oor dinge waarvan julle nie weet nie,dinge wat lank gelede gebeur het.

3. Ons het dit gehoor en ons weet dit,ons voorvaders het dit vir ons vertel.

4. Ons wil dit nie wegsteek vir hulle nageslag nie,ons wil aanhou om vir die volgende geslag te vertelhoekom hulle die Here moet prys.Ons wil vertel van die Here se kragen van die wonderwerke wat Hy gedoen het.

5. Hy het vir die nageslag van Jakob, vir Israel,gesê wat Hy wil hê, wat hulle moet doen.Hy het vir ons voorvaders gesêhulle moet dit vir hulle kinders leer.

6. Elke volgende geslag moet weetwat die Here wil hê,elke kind wat gebore sal word,en hulle moet dit ook vir hulle kinders leer.

7. Hulle moet glo dat God hulle sal help.Hulle moenie vergeet wat Hy gedoen het nieen hulle moet doen wat Hy gesê het.

8. Hulle moenie soos hulle voorvaders wees nie,want hulle voorvaders was hardkoppig en opstandig,hulle het nie aangehou om in God te glo nie,hulle was ontrou aan Hom.

9. Die mense van Efraim kon met pyl en boog vegmaar hulle het gevlug toe die oorlog begin.

10. Hulle het nie gedoen wat die verbond van God sê nie,hulle wou nie lewe soos Hy wil hê nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78