Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:18-28 Bybel vir Almal (ABA)

18. Hulle het God getoets en hulle het die kos gevrawaarvoor hulle lus was.

19. Hulle het teen God gepraat, hulle het gevra:“Kan God in die woestyn vir ons kos gee om te eet?

20. Dit is waar, Hy het ’n rots geslaan,en daar het water uitgestroom,daar het riviere gevloei.Maar kan God ook brood gee,of kan hy vir sy volk vleis bring?”

21. Daarom, toe die Here dit hoor,het Hy kwaad geword.Dit was soos ’n vuur wat gebrand hetteen die nageslag van Jakob, teen Israel.

22. God was kwaad omdat hulle nie geglo hetdat Hy sal doen wat Hy belowe het nie,hulle het nie geglo dat Hy hulle sal red nie.

23. Hy het wolke van bo af gestuuren Hy het die deurevan die hemeldak oopgemaak.

24. Hy het manna op hulle laat reënsodat hulle dit kon eet.Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee.

25. Mense het brood van engele geëet,God het vir hulle kos gestuur, meer as genoeg.

26. Hy wat sterk is, het die wind laat waaiuit die ooste en uit die suide.

27. Hy het vleis op hulle laat reën, dit was voëls,so baie soos stof, so baie soos die sand by die see.

28. Die voëls het binne-in die kamp geval,rondom hulle tente.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78