Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 74:13-21 Bybel vir Almal (ABA)

13. O God, dit is U wat sterk is,U het die see in twee gebreek.U het die koppe van die watermonstersin die water stukkend geslaan.

14. Dit is U wat die koppe van die watermonster Leviatanstukkend getrap heten wat hom vir die haaie gegee hetom op te vreet.

15. Dit is U wat fonteine en riviere laat vloei het,dit is U wat riviere laat droog word hetwaar daar altyd water was.

16. Die dag en ook die nag behoort aan U.Dit is U wat die son en die maanop hulle plekke gesit het.

17. Dit is U wat gesê hetwaar die grense van die land moet wees.U het die somer en die winter gemaak.

18. Here, U moenie vergeethoe die vyande U beledig het nie,hulle is dwase mense en hulle sêu Naam is nie belangrik nie.

19. U moenie dat hierdie menseaanhou wen teen u volk nie,hierdie mense wat soos wilde diere is.U moenie u volk wat swak is,vir altyd vergeet nie,u volk wat homself nie kan help nie.

20. U moet onthou dat U ’n verbondmet ons gemaak het,want in elke donker plek in die landmaak hulle die mense seer wat aan U behoort.

21. U moenie die mense laat verloorwat hulleself nie kan beskerm nie.Die mense wat hulleself nie kan help nieen wat niks het nie, wil u Naam prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 74