Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 69:31-37 Bybel vir Almal (ABA)

31. Ek sal sing en die Naam van God prys,ek sal sê Hy is groot en ek sê vir Hom dankie.

32. Die Here sal meer daarvan hou as van ’n bul,’n dier wat horings en kloue het en wat ek offer.

33. Julle wat julleself nie kan help nie,julle sal dit sien en julle sal bly wees.Julle wat naby God wil wees,julle sal wéét dat julle lewe.

34. Want die Here luister wanneer arm mense bid,sy mense wat gevangenes is, is vir Hom belangrik.

35. Almal in die hemel en op die aarde moet Hom prys,almal op die see en alles wat in die see lewe.

36. Want God sal vir Sion reden Hy sal die stede van Juda weer bou.Sy mense sal daar woon,en dit sal hulle land wees.

37. Die nageslag van sy dienaars sal die land kry,die mense wat lief is vir sy Naam, sal daar woon.

Lees volledige hoofstuk Psalms 69