Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 69:3-22 Bybel vir Almal (ABA)

3. Ek het weggesink in diep modder,ek het niks waarop ek kan staan nie.Ek het in diep water gekom,en die watervloed spoel bo-oor my.

4. Ek is moeg van roep en vra dat U my moet help,my keel brand, my oë het dof geword,want ek hou aan om te wag vir my God.

5. Die mense wat my haat,is meer as die hare op my kop,maar ek het niks verkeerd gedoen nie.Die mense wat wil hê dat ek moet sterf, is baie.Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar hulle is my vyande.Hulle wil hê dat ek iets moet teruggeewat ek nie gesteel het nie.

6. O God, U self weet dat ek ’n dwaas is,U weet van alles wat ek gedoen hetwat verkeerd is.

7. My Here, Here wat oor alles regeer,daar is mense wat in U glo.U moenie dat hulle voelhulle verloor teen hulle vyandeoor iets wat ek gedoen het nie.God van Israel,daar is mense wat glo dat U hulle sal help.U moenie dat hulle vyande hulle verneder nie.

8. Want dit is oor Ú dat mense my beledigen dat hulle dit sleg laat gaan met my.

9. My eie broers ken my nie meer nie,ek is vir hulle soos iemand uit ’n ander land.

10. Ek kry swaar omdat ek so lief isvir u tempel.Die mense wat my beledig,is die mense wat vir Ú wil beledig.

11. Hulle het my beledig toe ek gehuilen gevas het.

12. Hulle het my gespottoe ek rouklere aangetrek het.

13. Die mense wat in die poort sit,het gepraat oor my,die dronk mense het liedjies gesing oor my.

14. En ek?Here, ek bid dat daar ’n tyd sal komwanneer U my wil help.U doen altyd wat U belowe het,U moet doen wat ek vra, U moet my red,want U verander nie.

15. U moet my red uit die moddersodat ek nie wegsink nie,U moet my red van die mense wat my haat,en U moet my uithaal uit die diep water.

16. U moenie dat die watervloedoor my stroom nie,U moenie dat die diep water my insluken dat die doderyk sy bek toemaak bokant my nie.

17. Here, U moet doen wat ek vra, want U is goeden U doen altyd wat U belowe het.U was altyd jammer vir my, U moet kykhoe dit met my gaan.

18. Ek behoort aan U, U moenie wegkykwanneer dit sleg gaan met my nie,U moet gou maak en doen wat ek vra.

19. U moet nader kom na my toe en my vrymaak.Ek het vyande, U moet my red.

20. U self weet dat hulle my spoten my verneder en my beledig.U weet wie my vyande is.

21. Hulle het aangehou om my te spot,ek voel stukkend en swak.Ek het gedink dat iemand jammer sal wees vir my,maar niemand was jammer nie.Ek het mense gesoek wat my wil helpsodat dit beter kan gaan met my,maar ek het niemand gekry nie.

22. Toe ek kos gevra het, het hulle vir my gif gegee,toe ek dors was, het hulle vir my asyn gegee om te drink.

Lees volledige hoofstuk Psalms 69