Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:6-14 Bybel vir Almal (ABA)

6. God is in sy gewyde woonplek.Hy is ’n Pa vir weeskinders en ’n Regterwat reg doen aan weduwees.

7. God laat die mense wat alleen in die wêreld is,in ’n huis woon.Hy bring gevangenes uit die tronken Hy laat dit goed gaan met hulle.Maar mense wat opstandig is teen Hom,moet woon op ’n kaal en droë plek.

8. O God, toe U begin loop het voor u volk,toe U deur die wilde woestyn geloop het, Sela

9. toe U gekom het, toe het die aarde gebewe,en reën het uit die lug geval.Want God was naby, Sinai-berg was hier,God was naby, Hy, die God van Israel.

10. O God, U het oral baie reën laat val,U het u droë land weer laat lewe.

11. Die mense wat aan U behoort, het daar gewoon,U was goed, o God,U het gesorg vir die mense wat swaarkry.

12. Toe die Here gesê het hulle moet dit doen,het die vroue die goeie nuus gebring:“Baie soldate,

13. konings en hulle leërs, het gevlug.Hulle het gevlug.”Die vroue wat by die huis gebly het,verdeel die goed wat hulle mans saamgebring het,

14. niemand bly by die skaapkrale nie.Daar is beeldjies van duiwe,mense het hulle oorgetrek met silwer,en hulle vlerke is van goud.

Lees volledige hoofstuk Psalms 68