Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 62:11-13 Bybel vir Almal (ABA)

11. Julle moenie dink dat dit met julle goed sal gaanwanneer julle die goed vat wat julle nie moet kry nie,julle moenie dink dat dit vir julle sal helpom ander mense se goed te vat nie.En wanneer julle ryk word, moenie dan dinkdat julle alles het wat julle moet hê nie.

12. God het een ding gesê,nee, ek het twee dinge gehoor:Hy het gesê dat dit net Hy is wat sterk is,

13. en, Here, U het gesê dat U doen wat U belowe het,want U self beloon elke mensvir die dinge wat hy gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 62