Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 6:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Here, U moet my weer red sodat ek nie sterf nie.Ek behoort aan U, U moet my red.

6. Want ’n mens wat dood is, kan nie aan U dink nie.Niemand in die doderyk kan U prys nie.

7. Ek is moeg, ek het aangehou kla en sug,ek huil die hele nag, my bed is nat van die trane.

8. My vyande laat my swaarkry,my oë is swak van die pyn,ek kan amper nie meer sien nie.

9. Julle almal wat slegte dinge doen,julle moet weggaan van my,want die Here het gehoor hoe ek huil.

10. Hy het gehoor hoe ek soebat,Hy het gehoor wat ek bid.

11. My vyande sal nie wen nie, nie een van hulle nie,hulle sal nie weet wat om te doen nie.My vyande sal vinnig moet weggaan van my,die mense sal hulle verneder.

Lees volledige hoofstuk Psalms 6