Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Want U moet dit weet, dit is sterk mensewat vir my wag en wat my wil aanval.Ek het niks verkeerd gedoen nie,ek het nie ’n fout gemaak nie.

5. Ek het niks gedoen nie,maar hulle maak vinnig gereed om my aan te val.U moet my kom help, U moet kyk wat hulle doen.

6. U, Here, God wat oor alles regeer, God van Israel,U moet nou begin om al die volke te straf,U moenie genadig wees vir verraaiers nie. Sela

7. Dit is hulle wat elke aand terugkomen soos honde raas en om die stad loop.

8. U moet hoor wat hulle alles sê,hulle woorde is so skerp soos swaarde,hulle dink dat U dit nie hoor nie.

9. Maar U, Here, U lag vir hulle,U lag vir al die volke.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59