Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:12-18 Bybel vir Almal (ABA)

12. U moenie vir hulle dadelik doodmaak nie,dan kan my volk onthou dat U my laat wen het.U moet hulle na al die kante toe jaag,U is sterk, U moet hulle op die grond laat val.My Here, U beskerm ons.

13. U moet dit doen, want hulle doen sondewanneer hulle praat.U moet hulle straf, want hulle is hoogmoedig,hulle vervloek mense en hulle lieg.

14. U moet wys dat U kwaad is, U moet hulle laat sterf,U moet hulle almal laat sterf.Dan sal almal weet dat dit God is wat regeeroor sy volk Israel en oor die hele aarde. Sela

15. Dit is hulle wat elke aand terugkomen soos honde raas en om die stad loop.

16. Hulle soek iets om te eet,en as hulle nie genoeg kry nie, dan huil en blaf hulle.

17. Maar ek?Ek sal sing oor u krag,ek sal elke oggend juigomdat U doen wat U belowe.By U is ek veilig,U beskerm my wanneer dit vir my gevaarlik is.

18. Dit is U wat my sterk maak.Ek wil sing vir U, want by U is ek veilig,U is my God, U doen wat U belowe.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59