Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 57:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Lied, toe hy in die grot vir Saul gevlug het.

2. O God, U moet genadig wees vir my,U moet genadig wees,want ek kom vra dat U my moet beskerm.Ek vlug na U toesoos kuikens onder ’n hen se vlerke in vlugtotdat die gevaar verby is.

3. Ek roep en ek vra dat God my moet help,Hy is die Hoogste God,die God wat alles doen vir my.

4. Hy sal sy hand uitsteek uit die hemel en Hy sal my red.Hy sal die mense verneder wat my jaag. SelaGod sal sy hand uitsteek en Hy sal my red,Hy doen wat Hy belowe, Hy bly dieselfde.

5. Daar is mense rondom my wat soos leeus is,leeus wat ’n mens wil doodbyt.Hulle tande is soos spieseen hulle tonge is soos skerp swaarde.

6. O God, U moet wys dat U die Groot Koning isvan die hemel en van die hele aarde.

7. My vyande wou my vangsoos ’n mens ’n voël in ’n vangnet vang,dit het sleg gegaan met my.Hulle het ’n gat gegrawe vir mymaar hulle het self in die gat geval.

8. O God, ek weet wat ek wil doen.Ek wil sing en musiek maak.

9. Ek wil wakker word,ek wil my harp en my lier neemen ek wil sing voordat die son opkom.

10. Ek wil hê al die volke moet hoorwanneer ek vir U dankie sê en vir U sing,

11. want U doen oral wat U belowe,ook tot by die hemel.U is oral dieselfde,ook tot by die wolke.

Lees volledige hoofstuk Psalms 57