Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:18-24 Bybel vir Almal (ABA)

18. Ek kla en sug die hele dag lank,in die aand, in die oggend, in die middag,en die Here hoor wat ek vra.

19. Hy red my en Hy gee vir my vrede ná die oorlog,ook wanneer daar baie vyande teen my is.

20. God sal hoor en Hy sal hulle verneder,Hy wat Koning is van die begin af. SelaHy sal dit doen, want my vyande wil nie verander nie,hulle wil nie gehoorsaam wees aan Goden Hom dien nie.

21. Die man wat my maat was,het slegte dinge gedoen teen my,teen my wat sy vriend was,hy het sy ooreenkoms met my gebreek.

22. Hy het mooi dinge gesê,sy tong was so glad soos botter,maar daar was oorlog in sy hart.Sy woorde was sagter as olyf-olie,maar hulle was soos swaardewat wil seermaak.

23. Jy moet vir die Here vra om jou probleme te dra,Hy sal jou help.Hy sal ’n mens wat reg lewe, nie laat valen laat bly lê nie.

24. O God, U sal my vyande laat sterf,hulle sal moet afgaan na die diepste plekin die doderyk.Hulle wat ander mense vermoor en bedrieg,hulle sal sterfvoordat die helfte van hulle lewe verby is.Ek weet dat U sal doen wat U belowe het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55