Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. ’n Lied van Dawid.

2. O God, U moet luister na my gebed,U moenie maak of U nie hoor dat ek soebat nie.

3. U moet luister en my antwoord.Ek is baie bekommerd, ek is bang

4. wanneer ek hoor wat my vyande sê,wanneer die mense wat verkeerd doen,my wil laat swaarkry.Want hulle beskuldig my vals,hulle is kwaad en hulle haat my.

5. My hart klop baie vinnig,ek is bang dat ek sal sterf.

6. Ek het bang geword, baie bang,my hele liggaam bewe.

7. Ek het gewens dat ek vlerke kan kry soos ’n duif,dan sal ek wegvlieg en op ’n ander plek gaan woon.

8. Ja, ek sal ver wegvlug en in die woestyn gaan bly. Sela

Lees volledige hoofstuk Psalms 55